Showing posts with label Planeet Aarde. Show all posts
Showing posts with label Planeet Aarde. Show all posts

2013-11-08

Really? Earth-like, life-friendly planets literally everywhere in our galaxy?

[I am deviating to the use of English for this entry, mainly for accessibility to a larger audience.]

This past Monday evening, while following my usual habit of glancing over the day's news headlines on my phone, before pulling the cord on my eyelids for the night, I noticed the following interesting headline:

"Kepler space telescope finds Earth-size, potentially habitable planets are common"

This is fairly exciting news and confirms what I (and hopefully you too) have logically concluded long before any reliable measurements could be made. This article (and its headline) is well constructed and explains clearly how to interpret the results intelligently.

ScienceDaily

But then the news app on my phone suddenly flashed as it updated the list of headlines and I was barely able to stop myself from bursting out in laughter when I saw the new headline reporting this news (from a different and obviously less-professional publication):

"Earth-like, life-friendly ALIEN WORLDS literally EVERYWHERE in galaxy"

So, how did we get from "Earth-size" to "Earth-like" and from "potentially habitable" to "life-friendly", and from "common" to "literally EVERYWHERE"? As scientists, we often joke about these kinds of laughable exaggerations that appear in mainstream media headlines aimed at the more general (non-scientific) population, as accurately depicted in this comic.

Firstly, you can probably figure out that "Earth-size" is not the same as "Earth-like" because being "like" Earth would mean matching most of the properties of Earth, not its size alone.

Secondly, measuring a drop in brightness of a star is a very long shot away from determining whether it is due to a "life-friendly" planet.

Thirdly, "literally EVERYWHERE" is such a bogus claim that I can't even justify bashing it, because "literally EVERYWHERE" means that someone has seen them "literally" everywhere (while in reality the result is only an estimate based on Kepler's observation of a tiny region of space), and "EVERYWHERE" would mean that all of empty space would be filled with those planets. Beyond bogus. Go take a course in English writing before publishing such nonsense.

Of course, this comes from a tabloid publication, whose main focus is sensationalism. But really, is it truly necessary to construct a headline full of such blatant lies and total nonsense? Many of the people who stumble onto that article will not have the scientific education required to detect the deception. Yet, I believe that many of them are smart people and do not deserve to be fooled in such a way. If news outlets can't hire reporters with solid scientific understanding to do their science reporting, they should not report on scientific matters, unless it is copied verbatim from a real scientific publication with appropriate credit.

To anyone reading this and who does not have rigorous training and experience in science, I want to urge you to pay very careful attention to every word used in science news for clues about how to interpret it. Sometimes the deception is more subtle, because facts are often presented in such a way as to be easily misinterpreted in your own brain without you realising it. Words like "potentially" and "probably" and "likely", and "apparently", and especially the love-child of science reporting, that tiny, sneaky little word "may", should all be read with emphasis and not be glanced over as if they were not even there. And don't believe everything you read in the media, and especially on the internet. And consider staying away from tabloids with their sensationalist, exaggerated headlines, unless you go there for the laugh.

I do have to mention that today (4 days later), when I opened the article again for review before writing this entry, the headline was changed to the more palatable:

"Galaxy is CRAMMED with EARTH-LIKE WORLDS – also ALIENS (probably)"

Although the deceptive "EARTH-LIKE" part remains, the article itself is fairly decent, with an insightful picture of how the Kepler measurements were made.

--

According to the current analysis of the Kepler data, it is estimated that about 22 percent of stars like our sun have planets in the habitable zone (where water can exist in liquid phase) that are between 1 and 2 times the size of Earth. That amounts to about 11 billion such planets in the Milky Way galaxy. Now that there is reliable evidence of the existence of these kinds of worlds, astronomy detectives can narrow down their observations and look for more interesting clues about the life-sustainability of those planets - and of course, justify their request for funding those investigations.

We can still look forward to much more interesting findings in the hunt for Earth-like planets, with among others, the James Webb space telescope, successor to Hubble, due for launch in 5 years (2018).

2009-05-26

Inhaal

Dié van julle wat my effens beter ken sal dalk bewus wees van die feit dat ek gedurig omtrent 'n maand agter is met my nuuslesery. My gunsteling bron, ScienceDaily (waarvan daar skakels oor omtrent al my inskrywings hier rond gestrooi lê), kan tot 50 artikels 'n dag uitskop, waarvan omtrent 10% tot 20% nogal heel interessant is. Tot my nadeel, in hierdie geval, is ek 'n baie nuuskierige persoon en my belangstellings strek wyd. Ek kan dus maklik vasgevang word in hierdie wêreld van wetenskapskennis met 'n wye verskeidenheid van onderwerpe wat op my Google Reader skerm verby rol. Ek ervaar dit soos 'n verhaal met 'n plot wat elke dag 'n rapsie meer van sy raaisels oopvlek. Ek kan nie wag om te sien wat môre onthul sal word nie. Maar, ongelukkig stap die lewe aan en moet ek darem ook aandag gee aan ander, meer belangrike aktiwiteite, soos om saam met vriende te kuier. :) Dus het ek nou al tegnieke begin ontwikkel om slegs die mees interessante artikels uit te filtreer. Ek struikel maar nog soms.

So het dit dan ook al in die verlede gebeur dat vriende vir my tydige, Planeethoppertjie-waardige nuus aanstuur en ek dan eers 'n maand later dit weer in my gunsteling nuusbron raakloop (omdat ek agter is met die leeswerk). As jy my Planeethoppertjie inskrywings volg, sal jy weet dat ek meestal ook bietjie agter raak met nuwe bydraes. Met hierdie inskrywing wil ek dus 'n bietjie inhaal.

Hierdie sluit aan by my onlangse twee inskrywings oor sterrekunde en die soek na planete:

Mnr. Muller het verlede jaar vir my 'n skakel gestuur waar vertel word van 'n aantal super-aardbolle wat by nabygeleë sterre gevind is. Ek het natuurlik later dieselfde nuus by 'n ander artikel gelees. Ons weet egter nog nie of ons hierdie planete sal wil besoek nie, want ons het nog geen manier om uit te vind hoe die toestande op die oppervlak lyk nie. En met 'n skamele 10 tot 50 dae in 'n jaar lyk dinge nog nie baie belowend nie. Dink net wat die seisoene maak! Wat ons wel weet, is dat sulke planete volop is en dit mag dalk daarop dui dat ander kleiner planete soos ons eie Aarde ook volop kan wees.

Francois M het verlede maand vir my 'n berig gestuur oor argiefmateriaal van die Hubble ruimteteleskoop wat afgestof is en ingespan is om planete te vind. Met nuwe wiskundige tegnieke kon die ondersoekspan reg daar in daardie ou foto's al ten minste een planeet raaksien (alhoewel nie 'n nuwe een nie) - sonder dat ons ooit eens geweet het dat dit daar sienbaar is. Nou wonder 'n mens wat skuil in die res van al die ou foto's. Weereens het ek daardie storie ook later by 'n ander artikel raakgeloop. Francois M het vir my nog 'n ander skakel ook vantevore gestuur, maar dit pas eerder by 'n ander inskrywing wat ek nog sal maak.

En dan het ek ook 'n bietjie nuwe (of liewer ou) nuus uit my eie leeswerk:

Wetenskaplikes het nou 'n tegniek uitgedink om planete te identifiseer waar daar alreeds lewe bestaan, of ten minste 'n mate van plantegroei. Die tegniek maak gebruik van die eienskap van ligpolarisering, soos wat jou "polaroid" sonbril ook doen, en hoe plante wat chlorofil bevat ligstrale op spesifieke maniere polariseer.

Soos ek genoem het, is ek bietjie agter met my skryfwerk hier. Hou gerus hierdie ruimte dop, vir verdere afdelings oor hoe mens jonk word, hoe mens geld maak, en hoe mens jou eie ruimteskippie bou!

2009-01-17

Oor nalatenskap

[Hierdie is 'n lang een, om op te maak vir my afwesigheid. ;-)]

Ons almal weet nou al teen hierdie tyd dat jy moet oppas wat jy doen in die lewe, want jou aksies het altyd gevolge. Dit kan goeie of slegte gevolge wees. Hierdie verskynsel is normaalweg meer sigbaar op 'n persoonlike vlak wanneer jy mense naby jou seermaak, of selfs wanneer jy iemand gelukkig maak. Maar, dit gebeur ook baie dat jy self nooit eens bewus is van die gevolge nie.

As individuele persone, kan my en jou aksies ook gevolge op 'n 
globale skaal hê. Sommige gevolge is so verrykend dat jy dit nooit eens in jou wildste drome sou raakloop nie. Dit word mos die skoenlapper-effek genoem - iets waarvan jy dalk in 'n onlangse "Heroes" episode ook gehoor het.

Maar, ken ons almal wel hierdie konsep? Begryp ons werklik die omvang daarvan? Skep ons die geleentheid vir ons kinders om ons voorbeeld van verantwoordelike gedrag aan te leer? Of, hoeveel keer gee ons net eenvoudig nie 'n druppel om oor watter gevolge ons aksies het nie?

Ons staan nou aan die begin van 2009. Dis nou (nog) nie 'n besonderse beduidende jaar in die geskiedenis van die mensdom nie, afgesien van 'n aantal gebeurtenisse gedurende 2008 wat hierdie komende jaar 'n interessante een kan maak. Tog is hierdie net so 'n goeie tyd soos enige [as ek 'n bietjie by die Engelse uitdrukking mag leen] om te besin oor die toestand van onsself as mensspesie en die gevolge wat ons aksies het op die toestand van ons habitat, ons enigste tuiste, ons geboorteplaneet, ons Aarde.

Met die afronding van my vorige inskrywing het ek afgekom op 'n aantal artikels wat my aangespoor het om hierdie met julle te deel:

Die relatief kort geskiedenis van die Aarde is bespikkel met groot tragedies wat elk die uitsterwing van duisende spesies behels het. Slegs 5 is alreeds goed gedokumenteer. 'n Groot asteroïedsplinter wat die Aarde getref het, word beskuldig vir die mees onlangse geval, terwyl sommige van die ander oorsake toegeskryf word aan 'n siek Aarde toestand [ek is nie seker wat presies hiermee bedoel word nie]. In een geval, het 'n groot onderwater vulkaan veranderings in die oseane veroorsaak wat lewe vir massas seeorganismes onmoontlik gemaak het. Die oorskot van daardie sterflinge het blykbaar uiteindelik ons huidige ondersese oliebronne geword. Dit is verder ook interessant om te leer dat al hierdie massa-uitwissings saamval met, en eintlik gedryf word deur periodiese veranderinge in die seevlak.

Vandag aanskou ons nog 'n gebeurtenis wat net so verwoestend is soos daardie traumatiese oomblike in die geskiedenis van ons planeet. Die skrif is al 'n geruime tyd reeds aan die muur, met die besef dat ons huidige klimaatstoestande sterk ooreenstem met vorige tydperke waarin wêreldwye biodiversiteit laag was en die waarskynlikheid vir massa-uitwissing baie hoog was.


Die feit dat amfibiese spesies soos paddas (wat die dinosourusse in die vorige massa-uitwissing oorleef het) wêreldwyd besig is om te swyk aan 'n dodelike swaminfeksie en nog verder bedryg word deur aardverwarming en habitatvernietiging, is besonders kommerwekkend. Inderdaad, daar is nou werklike aanduiding dat ons die volgende groot massa-uitwissing in die gesig staar, met die verdwyning van ongeveer helfde van alle bestaande spesies plante en diere.

Teen hierdie tyd moes jy al gehoor het van die aardverwarming effek. Jy moet ook dan weet dat stygende vlakke van koolstofdioksied (wat mense en diere uitasem) die probleem aanhits. En jy moet ook besef dat verbranding van olie (of petrol) en koolstof (vir elektrisiteit) die probleem soveel vererger het dat ons nou in 'n gevaarsone beland het. Dit is nogal ironies dat die oorskot (olie) van 'n vorige massa-uitwissing ons aangehelp het om 'n volgende een te bereik.

Nes ek, sal jy dalk egter verbaas wees om te leer dat aardverwarming nie ontstaan het met die verbruik van olie, petrol, koolstof en gas nie. Blykbaar kan die oorsprong duisende jare teruggetrek word tot die tydperk waar mense grootskaalse boerderypraktyke begin toepas het in Asië, en verspreide areas ontbos het in Europa. As dit nie daarvoor (en alles sedertdien) was nie, sou ons dalk nou in 'n ystydperk geleef het. Hoe klink dít vir verrykende gevolge van jou dade?

Maar, ons hoef nog nie alle hoop te verloor nie. Dis immers 'n nuwe jaar, met nuwe moontlikhede. Kenners is om die beurt besig om sinvolle oplossings te soek vir ons huidige krisis. Selfs enkele persone en gesinne is besig om op te let na die gevolge van hul daaglikse dade. Ek is ook oortuig daarvan dat ons as mense uniek toegerus is om wel goeie oplossings vir selfs so 'n groot probleem te vind en betyds toe te pas (ek hoop nie ek word ooit verkeerd bewys nie). 

Sommige wend ook 'n armsalige (maar edel, en 
nuttige) poging aan om sade van plante- en dierespesies (ten minste paddas vir eers) in 'n massiewe kluis te bewaar, sodat dié van ons wat wel lewend anderkant uitkom tog maar 'n stukkie kan herbou van wat eens bekend was. Daar is ook verskeie ander belowende tegnologiese oplossings, maar ek dink dit hoort dalk in 'n ander inskrywing [nie dat ek noodwendig daarby sal uitkom nie].

Op die ou einde, selfs as almal dit regkry om saam te staan en hand by te sit, en selfs as ons ons negatiewe invloed op die omgewing heeltemal uitwis, moet ek wonder of ons nie alreeds die tydstip verbygegaan het waar ons werklik ander planete al moes begin koloniseer het nie. Ons is immers net te veel mense vir so 'n klein balletjie rots.

[Die prentjies het ek by die volgende webbladsye gevind:

2008-11-16

Die rubberspore wat ons agter laat

Dit is nou al amper twee maande gelede wat ek hier vertel het van ons planne om die pad te vat na Wakkerstroom en die res van die land ook sommer te verken. Intussen het ons daardie wonderlike avontuur afgehandel, en direk daarna het ek begin werk vir my nuwe werkgewer. Soos julle sien, het dit my (vir verskeie redes) 'n rukkie geneem voor ek weer die leisels hier kon optel.

Met my vorige inskrywing het ek die hoop gespreek dat ek 'n skakel na ons beplande roete hier sal kan plaas voor ons vertrek. Wel, daarvoor het ek toe nie tyd gekry nie, maar nou kan jy sommer beide ons beplande roete, en ook ons afwyking daarvanaf beloer, alles te danke aan Google Maps. Ongelukkig het ek nog nie kans gehad om enige foto's by die roetekaart te voeg nie, maar ek sal hopelik nog binne die volgende maand daarby uitkom. Ek is nogal verbaas dat ons werklik die 5000 km (in 8 dae) afgelê het, en ek is baie dankbaar dat ons dit darem veilig tot terug by die huis gemaak het. Jy kan ook Mnr. Muller se vertellings van ons belewenis volg vir 'n meer in-diepte meedeling.

Op die ou einde het die beplanning nogal baie gehelp om te sorg vir 'n gemaklike reis, en ons kon konsentreer daarop om die omgewing te waardeer en die hele ervaring in te neem. Ek wonder nogal of ons eendag ook Google Sky sal gebruik om ons roetes tussen die sterre te beplan.

Maar, sal sulke beplannings ook omgekrap word deur onakkurate roeteintligting, soos die menige foute wat huidiglik op Google Maps bestaan? Wat 'n katastrofe sal dit nie wees as ons net 'n klein foutjie maak en dan iewers in 'n vreemde sonnestelsel beland waar ons heeltemal verdwaal is nie? Sal ons navigasietoerusting voldoende wees om 'n pad na ons bestemming uit die vuis te lewer [jy mag dalk die Engelse vertaling "improvise" beter ken]? Op ons onlangse reis het 'n klein padboekie ons darem kon help in sulke situasies. Sal sulke foute in ons ruimtereise ook ons avontuur opkikker, of sal dit ons afstuur op dodelike gevolge? Die ruimte is immers 'n gevaarlike plek. Aan die anderkant, is ons liewe planeet Aarde veel veiliger?

2008-07-30

My salary saved the planet today...

... or at least a small part of it (I think).

Recently, I was faced with a hard choice:
  1. take the position at a company much closer to home (which I already accepted) and thereby gain a fair improvement in my quality of living, or
  2. stay with my current employer (50 minutes away from home by car) for another year at a salary nearly (or possibly even more than) double what I would get from my new employer.
I was a little uneasy about the idea of taking back on my "promise" to work for my prospective employer, but for such large amounts I had to at least give it a thorough consideration.

I have good reasons for not wanting to travel almost 2 hours a day to and from work anymore. So, I had to calculate how big a salary I would need to move closer to my current employer in order to achieve the same life-style improvements. When I discovered that I would need more than double the salary to achieve a life-style improvement that does not even completely match what I would otherwise get (eg. I would be much further away from most of my friends and family), I immediately knew that something was wrong about the whole idea. What was it?

Well, from the way my mind thinks about the world, I immediately realised that this extra cost indirectly translates to an extra strain on the environment. How could I willingly accept such a large salary merely to afford the necessary expenses that would eventually cause so much more harm to the environment? And this, when I can get a better quality of living at half the price?

This is the first time that I have considered my impact on the environment when negotiating for a salary - and it was enlightening. It also made the decision much easier, and I now get other non-financial benefits too, such as working in a new environment on new projects after having been with my current employer for three years.

So, that is how my salary saved a little part of our little planet for a little while.

What do you think? Am I an idiot for not taking the money?

[What's that funny-looking language on the rest of this blog? See the explanation that I posted previously.]

2008-06-19

Beter dae

Somtyds kyk ek na die wêreld, en sug dan vir al die boosheid wat ek sien. In sulke tye is dit maklik om te verlang na die dag wat ek met my ruimteskippie hierdie plek kan verlaat, en selfs my te bekommer dat daardie dag nog so ver weg lê.

Maar, diep binne myself sien ek ook die boosheid raak - daardie selfde boosheid waarvan ek wil wegvlug. Dalk is dit 'n goeie ding dat ek nog nie 'n ruimteskippie besit nie. Dalk sou ons menseboosheid maar net mettertyd versprei tot daardie nuwe wêrelde wat ek sou besoek. Dalk is dit beter dat ek eers moet leer om van my eie boosheid ontslae te raak.

Was die wêreld nie eens 'n beter plek nie? Dalk nie, maar daar was sekerlik spesifieke tye wat dinge beter gegaan het. En selfs vandag is daar nog plekke waar goeie dinge gebeur. Kan ons dalk iets leer daaruit?

Ek dink die wêreld was beter toe:
  1. die lug skoon was
  2. daar minder motors op die paaie was
  3. daar minder mense was
  4. almal genoeg gehad het om hul dors te les en honger te stil en rustig te slaap
  5. daar nie sprake was van sosiale status (en gepaardgaande besit van blink goetertjies) nie
  6. jy nog die paaiemente van 'n lening op 'n redelike huis kon bekostig met 'n redelike salaris
  7. jy nog 'n huis kon koop met 'n tuin groot genoeg om jou bene uit te strek
  8. daar nog meer bome as geteëlde dakke in woonbuurte was
  9. daar nog wye oop natuurlike spasies in jou tuisdorp was
  10. kinders nog veilig in publieke areas kon speel
  11. jy nie konstant moes vrees vir jou of jou kinders se lewe nie
  12. jy nie enige bekommernisse gehad het nie
  13. jy nog die vermoë gehad het om jou God te vertrou
  14. mense nog vir mekaar omgegee het
  15. daar eerbaarheid was in beskerming van swakkes
  16. jy 'n vreemdeling in nood kon uithelp sonder om te verwag dat hy jou sal te na kom
  17. mense nie rede gehad het om mekaar te wantrou nie
  18. mense nog kon opstaan vir reg, en teen verkeerd
  19. menslikheid nog belangriker was as mensegedrag
  20. mense nog kon waardeer hoe kosbaar die lewe is
  21. leiers met wysheid kon regeer tot voordeel van al hul mense
  22. leiers nie net hul magsposisies wou misbruik vir eie gewin nie
  23. goed genoeg nie goed genoeg was nie
  24. mense nog kon droom
Dit herinner my nogal tot 'n mate aan my kinderdae. Kan ons nie maar net almal weer kinders word nie? Dan kan ons weer rondhardloop in ons buurte en maatjies maak met ander vreemde kinders, en toebroodjies uitruil of deel met honger maatjies, en mekaar beskerm teen boelies (met kleilatte en ertjieblasers ons gevaarlikste wapens), en boomhuise bou, en met ons fietse mekaar jaag, en in die lang gras op die heuwel lê en opstaar na die sprokies wat die wit wattewolkies vir ons vertel, en lag, uit die holtes van ons mae, en vertrou dat ons magies gevul sal word wanneer ons by die huis kom, en vir niks banger wees nie as vir 'n pakslae of 'n denkbeeldige monster onder die bed.

[Soos jy kan sien, fokus my lysie op menslike faktore - alles te danke aan mense en alles afhanklik van mense se denkwyses en gedrag. My lysie is onvolledig. Vertel my asseblief wat, na jou mening, die wêreld 'n beter plek maak / gemaak het. En ja, wees maar snaaks - net nie bar nie (kinders mag dalk ook hierdie blog lees).]

2008-05-10

Anargie = Vryheid

[Waarskuwing: hierdie inskrywing bevat heelwat menings en minder feite, maar darem ook 'n paar interessanthede]

En nou my mooi wiskundige afleiding, vanaf my vorige inskrywings:

as Sekuriteit = Vryheid

en Anargie = Sekuriteit

dan is

Anargie = Sekuriteit = Vryheid

Of in Afrikaans: anargie is vryheid; anargie gee vryheid. Jy mag dalk nog nie voorheen hierdie twee konsepte bymekaar gesit het nie, maar as jy mooi daaroor dink, is dit eintlik baie waar. [eintlik is daar baie ander parameters wat saam vryheid definieer, maar ons kyk nou net na hierdie een]

Hoe was die wêreld voor die mens ontstaan het? Alles was vry om te doen en beweeg soos hulle wou. Hoe was die wêreld voor die mens wette en regerings uitgedink het? Almal was vry om te maak soos hulle wou. Die probleem is egter dat as die mens in sy natuurlike vorm toegelaat word om in vryheid te bly leef, het hy/sy die vermoë om die vryheid van ander in te perk, aspris of per ongeluk. So het 'n natuurlike orde ontstaan waarin die magtigste mense kon slawe maak van ander mense (en die mens in die algemeen maak elke dag slawe van diere, en plante, en grondstowwe, en deesdae selfs bakterië en virusse - eintlik mettertyd maar alles).

Wette het dus ontstaan waarmee beoog is om mense te laat saamstem oor sekere aspekte van die samelewing, sodat almal ten minste 'n mate van vryheid kan beleef. In die moderne wêreld begin hierdie wette (en selfs sosiale norme) ons vryheid weer tot so 'n mate inperk dat ons eintlik maar net weer slawe van die moderne samelewing word.

Dis op tye wanneer ek hieraan dink, dat ek weer opkyk na die sterre. Daar heers anargie. Geen wette of reëls kan jou daar onderdruk nie. Alles is nog mooi en skoon in 'n natuurlike toestand. Dis waar ek wil wees, vry van al die nonsens waarmee ons onsself so belemmer.

Maar, gelukkig kan ek leef in my eie stukkie anargie hier op planeet Aarde. Wanneer ek op my eie is, kan ek mos maak soos ek wil. In my gedagtes kan ek dink wat ek wil. Niemand anders kan grense daarom plaas nie. En, as ek 'n grens teëkom wat ek per ongeluk toegelaat het om geplant te word, dan het ek die vryheid om dit af te breek, as ek weet hoe. Dis slegs wanneer ek in aanraking kom met ander mense dat ek myself maar sal onderwerp aan die reëls, ter wille van die behoud van vrede. Dink 'n bietjie daaroor: elkeen van ons beleef mos eintlik ons eie stukkie anargie.

Dis eintlik nogal vreemd: alhoewel ek nog effense neigings het om die negatiewe reaksies (van my natuurlike self) te koester wat normaalweg kan uitdraai daarop dat ek sal inbraak maak op iemand anders se vryheid, is ek baie bewus van daardie neigings en is ek wel instaat daartoe om aktief myself te keer om daardie reaksies uit te leef (dink 'n bietjie watter reaksies jy koester as iemand jou te na kom, en hoe jy dan in werklikheid reageer). Ek doen so omdat ek wil, nie omdat ek moet nie, want vryheid is 'n waarde wat ek aan almal gun. 'n Mens sou kon sê dat as wette nie meer bestaan het nie, sou ek hulle nogsteeds gehoorsaam het (ten minste daardie wat sin maak in terme van goeie waardes). Die vraag is: het ek hierdie vermoë ontwikkel juis omdat ek onderwerp was aan die wette, of is dit iets wat ek in elk geval sou kon aanleer deur interaksie met ander mense? Ek dink wel dat elke persoon die potensiaal het om in vrede met alles en almal anders saam te leef, en dat dít juis die mentaliteit is wat die mens eintlik benodig om wette nutteloos te maak en in volkome anargie te kan oorleef - ten minste op 'n sosiale vlak. Die San kultuur het reeds bewys dat dit moontlik is. Maar, in te veel gevalle in ons huidige samelewing, word daardie potensiaal bloot geensins ontwikkel nie. Dit vereis dan die moeite om wette toe te pas en oortreeders se vryheid weg te neem deur hulle in tronke op te sluit. Van watter waarde is dit werklik?

Ek hou dus nogsteeds van die idee dat ons tegnologie kan ontwikkel wat wette oorbodig sal maak, want dis hopeloos te moeilik om mense se mentaliteit reg te kry. Laasgenoemde is boonop nie eintlik iets wat vorseer behoort te word nie. Na my mening moet dit gekweek word deur die regte omstandighede daarvoor te skep. Plus, tegnologie sal ook kan help met nie-menslike gevare soos die magtige verdelgers van ander intelligente spesies met hul eie belaglik waansinnige wette, of massiewe swart gate wat gulsig wag om jou elementêre partikels uit jou liggaam uit te suig. ;)

2008-04-09

Van Fiksie tot Wetenskap

So, die wêreld is byna op sy kop omgekeer. Sekere van ons besef dit 'n bietjie beter as ander. En dan is daar ook die paar geseëndes wat nog in salige onbewustheid niks fout kan sien nie. Hierdie is egter nie nuut nie - dis 'n nalatingskap wat die mens al vir eeue met hom saambring. Soms raak dit nogal besonders moeilik om nog die goeie dinge in die lewe raak te sien. Dit is nie verbasend nie, want die menseplaag verorber alles rondom hom en los al minder oor vir werklike waardering.

Kan ek jou dalk interesseer in 'n droom?

'n Droom wat nie noodwendig so vreeslik verregaande is nie.

As jy op 'n helder aand opkyk na die knipogies in die hemelruim, wonder jy ook soms wat daar in die verte lê? Kom saam met my, dan gaan vind ons uit.

"Jy maak seker 'n grap!" hoor ek iemand sê. Natuurlik kan ons nog nie vandag al gaan nie, want ons kort nog 'n ruimteskippie wat so ver kan reis. Maar, intussen kan ek vir jou wys hoe naby ons al daaraan is om een te bou. En met die pad langs sal ek jou sommer ook vertel van 'n hele klompie ander feite wat die uiteindelike avontuur soveel meer interessant sal maak.

Nou wat nou? Wil ek dan wegvlug van hierdie stukkende planeet, net om 'n ander een te gaan verniel? Alles behalwe! Ons bron van vele inspirasie, die VSA se nasionale ruimteagentskap, NASA, het al baie kere gewys hoe vordering in ruimtetegnologie juis ook tot voordeel kan wees vir lewe hier op aarde (en uiteindelik ook op ander wêrelde). As jy volgende keer weer kom inloer sal jy dalk reeds 'n beter idee kan kry van hierdie konsep. Buitendien, planeet Aarde is tog my tuiste, my geboorteplek. Ek het ontstaan uit haar* stof. Ons is een en dieselfde. Hoe kan ek nie alles in my vermoë doen om haar te red nie?

[Hierdie is my eerste inskrywing van my eerste blog. Dit sal seker 'n rukkie neem om behoorlik aan die gang te kom, maar ek hoop iemand anders sal ook die avontuur geniet.]

* - 'n speelse verwysing na die gewilde konsep van "moeder natuur",of Gaia, uit die Griekse mitologie