Daar is verskeie (belangrike) fundamentele, mikrobiologiese faktore van die verouderingsproses (pdf, 236 Kb) wat wetenskaplikes uit 'n teoretiese oogpunt met gevorderde navorsingsgereedskap probeer oplos. Getrou aan my praktiese uitkyk op verjeuging, wil ek ondersoek instel na oplossings wat alreeds gevind is en dalk selfs beskikbaar is vir ons om te gebruik.
Om sinvolle oplossings te vind, probeer ek in gedagte hou dat veroudering 'n praktiese impak op jou lewe het in hierdie areas:
- jou voorkoms
- jou beenstruktuur
- jou beweegbaarheid
- jou gesondheid
- jou verstand
Hierme wil ek dan die "Eendag as ek jonk is" reeks afskop waarin ek elk van die areas in bogenoemde lysie wil ondersoek.
1 comment:
my wêreld, ekt nooit vermoed jou planeethoppery gaan vanaf die kosmos wegswenk na die kosmetiese nie! ;)
Post a Comment