[ Sjoe, ek het nogal lanklaas iets geskryf. Maar dis sekerlik omdat ek nou meer probeer tydmaak vir frizbee saam met vriende en vir lekker kuier met goeie geselskap. Ek wonder nogal wie sal kan raaksien watter vriendskap ek hierbo beskryf. ]
2010-11-16
Vriendskap
Ek knipoog vir jou, en jy knipoog terug. So knipoog ons na mekaar vir dekades, nee eeue, alreeds. Jy verhelder my dag, en my nag, soos ek ook joune verlig. Al is die afstand tussen ons ver, kan ek jou enige tyd sien, en weet alles is nog reg, en ek het nog rede om te bestaan, en ek het nog nie my verstand verloor nie, want jy is 'n onbeweegbare toring in my donker lewensoseean, en jy knipoog nogsteeds na my.
Labels:
Sinapsstappies
Subscribe to:
Posts (Atom)