2010-02-21

Eendag as ek jonk is: Jy is mos wat jy eet

Ek het vantevore genoem dat ek probeer kyk na praktiese metodes waarmee jy kan rebelleer teen veroudering van jou liggaam. Tot dusver het ek heelwat gedek oor belowende pogings vir die behoud van 'n jeugdige voorkoms.

Vandag raak ek vinnig aan gesondheid - die afwesigheid van siektes en liggaamlike kwale. Sommige mense handhaaf uitstekende gesondheid tot 'n baie hoë ouderdom, maar meeste mense kry maar swaar onder verswakkende gesondheid soos die jare aanstap.

Jy kan verskeie eenvoudige gewoontes aanleer om 'n goeie gesondheid te handhaaf, maar ek wil eers net 'n paar punte rondom dieet bespreek - m.a.w. die dinge wat jy eet en drink.

Sommige mense beweer dat die gemiddelde moderne dieet nie besonders optimaal is vir ons liggaam se werkverrigting nie, en dat dit soms lei tot 'n tekort aan sekere vitamiene en minerale (en dit is sekerlik waar vir baie mense). Sulke tekorte kan lei tot allerhande siektes as dit oor 'n lang tydperk nie verbeter nie. Op grond hiervan, sal mense maklik 'n handvol multivitamienpille in die oggend sluk om te probeer kompenseer daarvoor. Wat meeste mense egter nie besef nie, is dat vitamien- en mineraalaanvullings ook sleg vir jou kan wees as jy nie 'n tekort het nie. Lees gerus hierdie artikel wat Francois M vir my destyds aangestuur het. Die Amerikaanse Dieetkundige Vereniging het ook onlangs 'n verslag oor die onderwerp uitgereik.

Dit klink of die beste bron van belangrike voedingstowwe maar nogsteeds 'n verskeidenheid van vars groente en vrugte bly. Dis seker nie toevallig dat dit dan ook op die lys van goeie gewoontes vir 'n langer, gesonde lewe is nie.

Daar is gereeld berigte in die nuus wat aandui hoe kaloriebeperking ook kan bydra tot 'n langer, gesonder lewe. Maar, totdat 'n beter begrip van die uitwerking van so 'n dieet ontwikkel is, sal dit 'n goeie idee wees om dit dop te hou met 'n gesonde mate van skeptisisme. Daar is egter alreeds 'n aantal interessante ontdekkings oor hierdie onderwerp gemaak. Die laaste artikel, wat aandui dat beperking in die inname van glukose die hoofrol speel, is vir my interessant. Glukose word hoofsaaklik verkry uit stysel-gebasseerde kossoorte, as ek reg verstaan.

Verder, is daar ook aanduidings dat sekere voedselsoorte spesifieke voordele kan bied, soos bv. appels, bessies (soos bloubessies), groen tee, wit tee, melk en selfs koffie. Let egter op dat die gebruik van alkohol nie noodwendig enige inherente voordele inhou nie.

As jy, soos ek, probeer hou by 'n gesonde leefstyl en gereelde oefening inkry, sal jy dalk ook wil weet dat jou maaltye na oefensessies 'n invloed op jou gesondheid het.

Voornemende moeders moet maar versigtig wees met wat hulle eet, siende dat hul dieet tydens en selfs voor swangerskap 'n groot invloed op die gesondheid van hul kinders het, selfs tot ver in hul grootmenslewens. Dit wil voorkom of dit ook nie noodwendig baie wys is om verskeie vitamienaanvullings vir jou kinders te voer as die dokter dit nie aanbeveel het nie. Daar is dalk waarde in die raadpleeg van 'n professionele, geregistreerde dieetkundige.

Maar onthou ook: 'n gesonde dieet en ander goeie leefstyl gewoontes is nooit 'n 100% waarborg dat jy nie sal siek word nie. Vir daardie ongelukkige tye het ons darem vandag al heelwat goeie mediese behandelings beskikbaar. En, alhoewel ek sug dat die dokters nie eens weet hoe om my liggaam te genees van die enkele kwale wat my teister nie, vind ek hoop in die gedagte dat daar elke dag nuwe mediese ontdekkings en deurbrake gemaak word.

2009-12-23

Ver, mooi wêrelde...

...onaangeraak deur bose mensehande. Dis waarheen ek julle uitnooi in die titel van hierdie blog. En dis waarheen ek gisteraand* meegesleur is deur die fantasiefliek, Avatar, 'n ervaring in naastenby vier dimensies. Die plot en verloop van die verhaal bring nie iets besonders nuut vir dié van ons wat al menige wetenskapfiksie stories gekyk en/of gelees het nie, maar na my mening doen dit min afbreuk aan die asemrowende avontuur wat James Cameron vir ons geskep het. Dit is egter nogal hartseer om nóg 'n uitbeelding van ons bose mensehande te sien.





Ek is nie 'n filmresensent nie, en siende dat daar in elk geval talle nuwe menings oor die fliek uit die interwebweefsel voortspruit, wil ek dit nie self verder hier bespreek nie. Maar, ek hou van hoe dit ons terugbring na die gesprek oor die vele tekortkominge van onsself, as mensspesie, en die pad wat ons besig is om te stap. Vanaf die wegspringblok het ek al aan hierdie idees geraak, en heelwat daarvan lê nog ongeskryf.

Baie flieks beeld die mensdom uit as die patetiese, dog vasberade slagoffer van buiteruimtelike gevare. Sommige het selfs vreesaanjaende monsters op planete waar die menslike karakters aanland. Alhoewel sulke gebeure heel geloofwaardig is as jy glo in buiteruimtelike lewe en selfs intelligensie, bekommer ek my meer oor die realistiese skade wat ons self kan aanrig deur ons eie onkunde en selfs verwaandheid.

Vandag is wetenskaplikes van regeringsinstansies besig om noukeurige studies te doen van ander hemelligame in ons sonnestelsel. Hulle is uiters versigtig om nie enige mikroskopiese aardbewoners saam te stuur wat metings by die bestemmings kan beïnvloed nie. Groot ekonomiese struikelblokke weerhou ons gelukkig daarvan om enigiets meer as net klein wetenskaplike studies uit te voer.

Maar môre, wanneer ekonomiese struikelblokke uit die pad gerol is, sal korporasies ons nabye ruimte begin invaar opsoek na rykdom in minerale en toerisme, en dit sal dinge heeltemal verander. Ek het nog nie 'n korporasie gesien wat meer belangstel in wetenskaplike kennis en omgewingsbewaring as in die rykdom van hul aandeelhouers nie. Ons kan alreeds hieroor begin wonder as ons kyk na vordering wat gemaak word in sekere lande wat soos korporasies bestuur word.

Ons sukkel alreeds om beperkte areas hier op ons eie planeet te beskerm. Wat dink jy sal gebeur as die vernietigende mag van die massas onbeskaafde mense vrygelaat word [die Engelse "unleashed" klink eintlik soveel mooier] op ongerepte skoonhede elders in ons sterreruim? Sal die sterre self vervaal en op ons neerkyk met dieselfde minagting wat ons aan hulle toon? Sal ons daar buite dan iewers in die sop beland en so ons einde tegemoed loop, of sal ons betyds kan grootword en wakker word en 'n slag die blomme begin ruik? Of dink jy ek oordryf die situasie te veel?


NS: As ek moet kante kies in die stryd tussen mense en vreemde ruimtewesens, waar sal ek myself bevind in die Avatarstorielyn? Wel, ek sal hou daarvan om myself in die posisie van 'n derde party te plaas (wat nie in daardie fliek uitgebeeld word nie): ek en my magtige armada wat onskuldige wêrelde sal beskerm teen die boosheid van die menseplaag - hopelik sonder enige bloedvergieting.


* Hierdie inskrywing is eers gepubliseer 'n maand nadat ek dit geskryf het, omdat ek vir so lank nie kans gekry het om dit af te rond nie, indien iemand dalk wonder.

2009-11-23

Calvin en Hobbes is ook planeethoppers

Ek is versot op Bill Watterson se uitbeelding van die avonture van Calvin en Hobbes. Gereeld skaterlag ek soos ek die daaglikse strokies volg. Onlangs het hierdie twee verspotlike karakters 'n draai by Mars gaan maak. Die onderliggende gevoelens het so goed gepas by die motivering van hierdie blog, dat ek net nie kon weerstaan om dit hier vir julle beskikbaar te maak nie. Lekker lag.


2009-10-11

Die Nagtelike Sterresweef

Het jy al ooit oornag by 'n plaashuis in die platteland, of in 'n tent langs die strand naby 'n ver-af kusdorpie; weg van die besige, raserige stadslewe met straatlampe wat heelnag jou oë verblind? Dan sou jy dalk ook, soos ek, verstom kon staan (of sit) en ure lank opkyk na die biljoene, nee ontelbare, ogies wat flikkerend, verleidend terugloer na jou vanuit die enorme groot sterreruim.

Omtrent presies 'n jaar gelede, het ek en 'n goeie vriend 'n avontuurlike padtoer beleef en die eerste aand by Colesberg in die Karoo op 'n gasteplaas oornag. Dit was die eerste keer in 'n baie lang tyd, en sedertdien, dat ek so baie sterre kon aanskou.

Ek het vantevore genoem van Google Sky waarmee jy op jou rekenaar die sterreruim van effens nader kan beskou. Ek het sopas afgekom op GigaGalaxy Zoom waar jy 'n effens ander uitkyk op die volledige nagruim kan kry, asook meer inligting oor verskeie areas van die sterreruim vir diegene wat belangstel. Vergroot die prentjie so ver as wat jy kan en kyk net hoeveel sonspikkels jy op jou skerm kan sien. Ek vind dit nogal moeilik om te glo dat nie 'n enkele een van daardie sonne deur 'n lewensvatbare planeet (dalk selfs met ander lewensvorme) omwentel word nie.

Volgens 'n artikel by ScienceDaily, was dit die inisiatief van die Fransman, Serge Brunier, om al daardie foto's te neem en beskikbaar te maak as deel van die viering van die Internasionale Jaar van Sterrekunde. Die van julle wat meer in fotografie belangstel, sal dalk wil weet dat die foto's geneem is met 'n Nikon D3 digitale kamera, en met behulp van 'n toestel wat die beweging van die aarde kanselleer. Jy kan meer daaroor lees in die artikel.

2009-08-31

How to make money


Welcome to the first installment of my discourse on general economic principles and how it affects you and me as individual economic participants. According to my previous explanation, I have decided to compose this series in English, since it contains information that is universally applicable, but presented quite differently from any other literature on economics that you may find elsewhere (I think).

Be warned however, that I am by no measure an expert on economics. I rely purely on my limited knowledge and my imperfect logical deductive reasoning abilities.

In staying true to the general theme of this blog, I must mention that I have developed a keen interest in economics as it relates to my ability to build a star ship, with which I can travel to other planets that orbit other stars. And, we all know that star ships cost a lot of money, especially in light of the fact that we still need to research (and hopefully discover) and develop the appropriate technologies to actually build one. I am also somewhat curious to know how we might do transactions with any alien life that we may encounter on our future voyages.

The Earth is littered with all kinds of recipies, charms and self-help books that presumably explain how to make lots of money. But have you ever stopped for a moment to think about where money comes from and why we actually need it?

Let me take you a short while back in time to the first monetary transaction (or how I imagine it would have happened). Suppose there was once a farmer, called Abraham, growing wheat crops and baking bread from the flour that he got after harvesting and milling. Also suppose that Abraham had a neighbour, called Bartholomew, who was a dairy farmer with cows aplenty. Normally, Bartholomew enjoyed eating his cheese on a slice of bread and had an agreement with Abraham to exhange one jar of milk for one loaf of bread, since Abraham also fancied having some milk in his coffee.


But, one year the rains were scarce and the wheat grew sparse, so Abraham had very little stock of bread. Abraham couldn't sell all his bread anymore, or else he would starve. And one jar of milk would not sustain him equally. So, Bartholomew proposed to pay with two jars of milk and two blocks of cheese to get his loaf of bread, since bread has become his staple food without which he would surely starve. (Note how the principle of supply-and-demand increases or decreases the value of products.)

Soon, Abraham became tired of having cheese and milk all the time. But, Bartholomew still needed his bread. So, Abraham devised a cunning plan and told Bartholomew that he can get his loaf of bread in exchange for a little token. This token would serve as a contract, stating that Abraham may exchange it back for two jars of milk and two blocks of cheese at any time of his choosing. The idea spread like wildfire and pretty soon everybody was exchanging tokens for resources. And a funny thing happened. Suddenly Abraham was not limited to getting milk and cheese for his tokens. This was convenient, since he never acquired a liking to milk and cheese again. Instead he used his tokens to buy fruits and desserts. He also invested in some newly invented tools with which he could channel water from the river and increase his crop yields. By making more bread, he would be able to sell to more people and get more tokens in exchange.

But there remained a big problem with the token system. You had to remember the value of each individual token. In some communities, they used valuable objects as tokens, and they ended up negotiating the value of their tokens at each transaction. So, at some point in time, another clever mind invented a standardised monetary system, in which tokens had a fixed, predetermined value.

Today our tokens are little pieces of paper or metal coins, without intrinsic value, but they still symbolise a contract between a buyer and a potential seller. The seller will always agree to the value of the token, although the value of the product being sold may still fluctuate. And once you have taken goods from the seller, he/she will agree to accept your token.

And this is how you make money: Everytime there is the potential for resources to be exchanged, money is created. So, in order to get more money (or even to grow a country's economy), all you need to do, is acquire exchangeable resources. As soon as people want those resources, your money will start flowing in. It's funny, but this concept is fundamentally equivalent to stealing, unless you exchange something of equal value upon acquisition (which defeats the purpose). It also reminds me about how certain countries became exceedingly wealthy by colonising and effectively plundering half of the undeveloped world. They understood this principle very well.


So now you have to ask yourself: what kinds of exchangeable resources can you acquire that other people will want to buy? Typical resources are farming and mining products. Farming acquires resources by tapping nutrients from the ground (or stealing it unless you replenish it with fertiliser or compost) and energy from the sun. Mining acquires resources by cutting and gathering pieces of rock (or stealing it from the Earth). Artisans can acquire skills by which they can trade in the resource of time through delivering some kind of service. And, certain skills may be more valuable than others.

I hope you have now gained some insights into (or refreshed what you knew all along about) some of the fundamentals of economics based on money. Of course, this is not the complete picture, and there are many more aspects that I would like to share, but that is to be continued in another entry.

2009-08-16

Intelligent aliens too plentiful

As humans, we often ponder the probability of intelligent alien life existing somewhere else in the known universe. Some even dismiss the idea as a total impossibility.

A while back, I had a short discussion with a friend or two about the nature of intelligence. What exactly do we understand about the idea of being intelligent or a life form having intelligence? Where does intelligence start? Is a tiny ant intelligent if it can work with its fellow ants to build gigantic ant hills? Is a dog intelligent for understanding your commands and being able to execute them, or even just puff at you and turn its head away in disbelief of your arrogance? What about monkeys that can do basic math, or wild orangutans that have their own culture and technology?

We often attribute increasing levels of intelligence to increasing brain sizes and complexity. With such reasoning, would the enormous brains of whales and elephants not make them more intelligent than us puny little humans? Just because we can easily kill them doesn't mean that they are less intelligent, but only that we are more violent. Who is to say that whale intelligence is not simply beyond our comprehension? Maybe in their songs they are debating the stupidity of the human race or lamenting the havoc that we wreak to their once beautiful world.

And what about our own race? Even we humans have varying levels of intelligence. Since the same is true for other primates, you may even consider the possibility that some apes are smarter than some humans.

Thinking about all this prompted a fleeting synaptic commotion in my head about our never-ending search for extraterrestrial intelligence. And, I realised that it is really a misnomer to be searching for intelligent aliens. They may well be very plentiful, but like whales, might not give a moment's thought to building shelters and trade routes and communication satellites or even any technology at all. What we are actually seeking, are industrious aliens. Or rather industrious, intelligent aliens, since ants have also proven to be fairly industrious.

And, it seems that there might even be a better chance of finding them than our previous calculations suggested.

[What's that funny-looking language on the rest of this blog? See the explanation that I posted previously.]

[If you are interested in using the alien picture, please download it from the original website, since you will need to read the license agreement.]

2009-07-12

Ek en my huisie

Ek het 'n konsep ("draft") van hierdie inskrywing 'n hele jaar gelede hier op Blogger gestoor (19 Junie 2008, om presies te wees). Maar, siende dat ek juis nou die mylpaal in my lewe bereik het waar ek ernstig kan begin soek na 'n huisie (nou goed dan, eerder 'n woonstelletjie), het ek dit goedgedink om daardie elektrone so bietjie af te stof en hulle aan die gang te skop sodat hulle 'n slaggie weer kan rondrits en uiteindelik hierdie woorde na jou rekenaar-/selfoonskerm kan bring.

Vatevore het ek besin oor hoe 'n volledig toegeruste ruimteskippie effektiewelik ook my huisie kan wees: 'n huisie wat ek kan parkeer in enige land van my keuse, ongeag of daar enige infrastruktuur of wetstoepassing van enige aard is. Dis 'n ideale tuig om op 'n vreemde planeet ook te gaan woon.

So kom ons bou vir ons 'n ruimteskippie.

Ek wil begin met 'n basiese ontwerp. Ek gaan eers net al die noodsaaklike dele van die ideale ruimteskippie lys en dan kan ons soos die tyd verloop kyk hoe ons elke deel gaan bou en integreer in 'n volledige skippie. Terwyl ons nog nie nou al 'n ruimteskippie kan bou nie, sal hierdie jou wel 'n paar idees gee oor wat 'n mens kan doen om jou bestaande huis te omskep in iets baie na aan 'n ruimsteskippie.

Hier is die dele wat ek dink absoluut noodsaaklik is vir 'n ruimteskiphuisie:
  1. 'n romp (nee, nie die tipe wat vrouens dra nie)
  2. lewensondersteuningstelsel
    • vir basiese oorlewing
    • stoorplek vir lug, water en kos met gepaardgaande meters wat kan aandui as voorrade min raak
    • stelsels wat kan seker maak dat die lug, water en kos veilig is om te verbruik (dit moet byvoorbeeld dodelike kieme en gifstowwe kan opspoor en onskadelik maak)
    • stelsels wat gebruikte lug, water, kos en vullis / afval moet verwerk en herwin tot 'n nuttige vorm (ons wil sekerlik nie die heelal bestrooi met ons gemors nie? yuck!)
    • ons skippie sou ook vars water kon opvang wanneer dit reën, vir 'n bietjie afwisseling met herwinde water
    • beligting wat so goed werk soos sonlig om ons te help met instandhouding van vitamien D voorrade
    • dalk ook 'n groentetuin vir daardie kere wat ons vir lang tye nie by die winkel kan uitkom nie; ons mag dalk selfs gesonde kos kan kweek met kunsmatige beligting
  3. sekerheid-/beskermingstelsel
    • sodat niemand jou huis kan steel en wegvlieg daarmee nie
    • ook noodsaaklik om te verhoed dat 'n wilde beer of marsmannetjie by jou voordeur instap en probeer om jou oor die kop te slaan terwyl jy rustig besig is om 'n koppie tee saam met jou gunsteling storieboek te geniet
    • ingesluit hierby is 'n outomatiese toesig-/waakstelsel met 'n alarm sodat jy vinnig kan padgee as dinge bietjie warm onder die kraag begin raak, of anders sodat jy jou buurmense kan roep dat julle gewere kan saamspan
    • ons moet dalk ook kyk of ons 'n stelsel kan installeer wat plofstof kan opspoor en onskadelik stel
  4. kragopwekkingstelsel
    • 'n ruimteskippie het vanselfsprekend een-of-ander vorm van energie nodig om al die stelsels aan die gang te hou, veral die lewensondersteuning- en aandryfstelsels
    • die kragopwekkingstelsel moet weerstandig wees teen enige skade wat opgedoen kan word - ons wil ten minste darem 'n SOS met twitter kan stuur en dan oorleef totdat die ambulaansskip opdaag
    • dit mag dalk help as die skippie meer as een tipe kragopwekker kan gebruik
    • die stoor van energie (soos met 'n battery) kan ook nuttig wees indien kragopwekking heeltemal ophou werk
    • dit alles help natuurlik ook vir immuniteit teen effekte soos "load shedding"
    • ingesluit moet daar ook 'n energiemeter wees wat vir ons kan aandui wanneer ons weer 'n draai by die vulstasie moet maak, en ook om ons te waarsku as ons te veel warm water gebruik wanneer ons stort, of die lugverkoeler (Youtube 6:32 minute) onnodig laat loop
  5. leefruimte
    • slaapplek
    • kosmaakplek
    • eetplek
    • skoonmaakplek
    • werkplek
    • kuierplek
    • speelplek
    • en moenie vergeet van kunsmatige swaartekrag nie
  6. aandryfstelsel
  7. beheerstelsel
    • om te sorg dat al die ander stelsels goed werk en alles glad verloop tydens 'n lang reis na nêrens
    • sluit in 'n navigasiestelsel [dankie FrancoisM vir die skakel] om op koers te bly, of weer op koers te kom as ons die pad 'n bietjie byster raak of sommer net interessante draaie by tropiese eilandplanete gaan maak
    • iets soos 'n semi-intelligente rekenaarbrein kan nuttig wees
    • ons sal waarskynlik ook 'n gemaklike koppelvlak (Youtube 3:40 minute) benodig om die beheerstelsel te bestuur
  8. noodgevaltoerusting
    • vir wanneer dinge rêrig skeefloop
    • 'n noodhulpkamer
    • suurstoftenks om net vir oulaas nog 'n paar asems te skep
    • dryftoerusting vir ingeval ons in 'n see beland
    • gereedskap vir brandbestryding
    • termies geïsoleerde komberse waarin jy kan wegkruip teen die yskoue van die buitenste ruim of die bibberkoue van 'n ysplaneet
Ek hoop ek het nou die belangrikstes gedek, maar as jy iets oplet wat ek gemis het, los gerus 'n opmerking.

Toevallig het ek ook hierdie week afgekom op 'n storie van 'n 16-jarige seun van Kanada wat eersteprys gewen het in 'n NASA kompitiese met sy verslag oor hoe om 'n nedersetting in die ruimte te bou vir menslike bewoning. Die kern elemente in sy verslag (PDF, 20Mb) is dieselde as wat ter sprake is by die bou van 'n ruimteskiphuisie, en hy dek die onderwerp nogal breedvoerig. Dis werklik verstommend om te sien hoe ver so 'n skoolkind se kennis strek.