2009-04-09

13 Volmane

365 dae, 27 inskrywings en 13 volmane (insluitend vandag) later: lyk my ons is nog 'n jaar nader daaraan om werklik te kan hop en spring tussen vreemde, eienaardige en dalk selfs mooi planete.

Ek skryf nie so gereeld soos ek graag sou wou nie, maar ek vermoed julle verkies dit dalk ook eerder so, tussendeur al die ander nuuswaardige gebeurtenisse waarmee ons daagliks gebombardeer word. Dankie vir almal wat die afgelope jaar die avontuur saam beleef het en opmerkings hier op sommige van die inskrywings gedeel het. Die gedagte dat ander mense dit ook geniet (en dalk selfs nuttig vind), is meer as genoeg motivering vir my om terug te keer hierheen. :)

As jy nog nie opgelet het nie: ek het onlangs 'n nuwe speelding op die planeethoppertjie webblad geplaas. Daar is 'n boksie aan die regterkant met die opskrif "Planeethoppers", waar jy jouself kan byvoeg en ook jou vriende kan uitnooi om saam te kom speel. Jy kan ook so een op jou blog (of enige ander webblad) plaas - gaan kyk by Google Friend Connect as jy nie Blogger.com gebruik nie.

Ek sien uit daarna om nog verdere vermaak aan julle te verskaf...