
Ja wat, ons besef nou dat dit ongelukkig nog 'n rukkie gaan wees voor ons 'n rumteskippie kan bou wat na planete by ander sterre sal kan spring. Maar, intussen kan ek goeie nuus met julle deel:
'n Hele nuwe ontdekkingsavontuur is vroeër hierdie maand afgeskop toe die Kepler ruimteteleskoop gelanseer is om vir ander planete te soek wat soortgelyk aan ons Aarde is. En kort op sy hake, word daar tans hard gewerk om die James Webb ruimteteleskoop te voltooi sodat dit teen 2013 vir ons kan begin wys of die toestande op daardie planete gunstig is vir lewe.
Ons kan dus al solank 'n katalogus begin saamstel van planete wat ons wil besoek. Nou moet ons nog net begin harder werk daaraan om 'n ordentlike ruimteskippie te bou.
[NS: Hierdie sendings moet verseker nie ligtelik geag word nie - dit is die inkarnasie van ons as mens se mees gevorderde tegnologie en nog so te sê reg op die grens tussen om iets waar te neem en niks waar te neem. Dit is werklik 'n merkwaardige poging, en dit wys ons ook hoeveel meer interessant die nabye toekoms gaan word soos ons tegnologie nog verder verbeter.]